Gereelde Vrae

 

Is koerierkoste ingesluit in die prys van die produk?

Jou koerierkoste is reeds ingereken.

 

Kan ek my bestelling kombineer met ‘n vriend/vriendin/familielid s’n om koerierkostes te deel?

Dit is altyd ‘n goeie plan om die kostes te deel.

Hoe lank neem dit voor ek my bestelling ontvang?

Sodra ons jou bewys van betaling ontvang het, word jou bestelling geplaas. Dit net 10 werksdae om jou unieke produkte te finaliseer.

Hoe lank neem dit om die produkte te koerier?

Dit hang af waarnatoe jou produkte versend word. Ons sal jou op hoogte hou van die tydsduur.

Van waar word die produkte versend?

Wyn – Die wyn word direk van Rooiberg Wynkelder in Robertson, versend.

Koffie – Die koffie word vanaf Pretoria versend.

Hout produkte – Die kaasborde word vanaf Pretoria versend.

Gaan ek twee verskillende pakkies ontvang indien ek bv. wyn en koffie bestel?

Ja, jy gaan twee pakkies ontvang, omdat beide produkte direk van hul verskaffers af versend word wat in verskillende provinsies is.